| |
Wie Is Ons
Klippan Boerevereniging is gedurende 1996, onder voorsitterskap van Fanus Booysen gestig, en het sedertdien gegroei tot 'n dinamiese, pro-aktiewe en suksesvolle vereniging. Ons poog om 'n effektiewe landbou organisasie vir alle boere, maar spesifiek ons eie lede, te bied. Ons strewe daarna om 'n volledige, maar gebalanseerde jaarprogram te beplan en te bedryf, waar al ons lede, ons vriende en borge, baat kan vind by ons aktiwiteite.
Ons glo dat daar vir ons as landbouers 'n toekoms in hierdie land is maar weet dat ons die antwoorde en oplossings vir ons probleme biddend en geduldig van ons Skepper moet afwag.
- Doelstellings:
- Ons wil omstandighede skep waar ons as boere, ander lede en ons vriende weer saam kan bid, kan glo, kan leer, kan werk en sosiaal kan verkeer.
- Ons wil 'n pro-aktiewe rol speel in die belangrike proses om ons landbouers;
- op sy plaas te hou te midde van groot ekonomiese en politieke druk,
- positief, gemotiveerd en gelowig te hou in hierdie omstandighede,
- te motiveer om betrokke te raak en te bly by dit wat goed is vir onsself, ons gesinne en vriende.
- Ons wil onsself as bestuur en lede opnuut beskikbaar stel aan ons Skepper om Hom as instrumente in Sy hand te verheerlik in alles wat ons doen en in alles wat Hy vir ons op ons pad plaas.
- Jaarlikse aktiwiteite:
- Veilings:
- Vier beesveilings word jaarliks aangebied
- Alles-in-een Inligtingsdag:
- Tydens hierdie dag word daar aandag gegee aan drie verskillende boerdery vertakkings nl. Wildboerdery, Beesboerdery en Grasproduksie.
- Interessante resultate wat verkry word vanuit die verskillende proewe wat by ons bloubuffel- en borseltjiegras proefaanplantings gedoen word, word ook tydens die dag bespreek.
- Klippan ribbetjiebraai kampioenskappe:
- 'n Heerlike kuieraand vir almal in die omgewing……en 'n geleentheid om dalk die gesogte Klippan Ribbetjiebraai Kampioen trofee te wen!
- Rallydag:
- Vroeg oggend - 5km pretdraf
- "Fly-in" ontbyt vir mikroligte vliegtuie, ligte vliegtuie en helikopters.
- 40km perde wedren (80km uithou-rit in 2009)
- Formule 1 donkiekar rally ( Ons plaaslike besighede ding mee teen mekaar in hul pragtig versierde donkiekarre in die sneltrajek en ook die 4km hindernisbaan.)
- Formule 2 donkiekar rally ( Ons lede en vriende probeer verbeter op die poging van die Formule 1 kompeteerders.)
- Vliegvertoning en ander uitstallers.
- Gaskunstenaar (2008 - Zirk Bergh)
- Akkerboudag:
- Klippan se lede is baie trots op ons eie proefperseel asook hierdie inligtingsdag wat sedert 1998 jaarliks aangebied word.
- Uitgebreide proefaanplantings word besigtig en bespreek waarna top sprekers en akkerbou kenners waardevolle inligting gee.
- Borgefunksie:
- 'n Jaarlikse instelling om dankie te sê vir die wonderlike ondersteuning, hulp en vriendskap wat ons van ons borge ontvang.
- Ouetehuis ete:
- Elke jaar bied ons vir die Mafekinge en Zeerust Ouetehuise 'n kersete aan as ons bydrae om hierdie tyd vir ons senior burgers spesiaal te maak.
|
|